Study Opportunities    

Wenke vir Onderwysers

This page is also available in English.

#1 Algemene wenke vir onderrig in 'n rekenaarlaboratorium

Hierdie idees kom voor in 'n doktorale proefskrif wat handel oor die werkswyse van Suid-Afrikaanse FET-leerders in 'n rekenaaromgewing in 2003. Dit mag wees dat leerders (intussen) hul werkswyse verander het, maar in 2003 is bevind dat hierdie faktore bygedra het tot produktiewe werk en leer in 'n rekenaarlaboratorium. Vir meer inligting kan u die slotopsomming van die proefskrif gaan lees en dié is aanlyn te vinde by  http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-08022003-002315

Daar is baie dinge wat jy kan doen om ‘n goeie onderwyser in die rekenaarlaboratorium te wees. Oorweeg die volgende:

Sitplekke

Algemene ingesteldheid

Opdragte

Inhoud

Maak seker dat die inhoud van die werk toepaslik en sinvol vir die leerders is. Dit maak leerders meer gemotiveerd om die werk te doen.

Prentjies

Maats

Terug na bo


#2 Assessering vir RTT en IT: Wat het regtig verander?

Die praktiese veranderinge in assessering vir die nuwe vakke word gedryf deur die onderliggende veranderinge wat met die implementering van VOO verband hou.

Ou manier van assessering Assessering vir RTT en IT
Deurlopende assessering. Deurlopende assessering.
Hoofsaaklike doelwit is om punte te genereer. Hoofsaaklike doelwit is om die vordering teen die kriteria (uitkomste) te meet. Daaglikse assessering gaan dus nie oor hoeveel punte ek gekry het nie, maar oor WAT ek geleer het in die proses.
‘n Groot versameling van “klein puntjies” word opgebou. Punte word slegs vir die formele assesseringstake gegee soos gespesifiseer in die program van assessering.
Assessering neem die formaat van toetse (prakties en teorie) en eksamens aan. Assessering neem formaat van toetse, eksamens, opdragte, take, huiswerk ens. aan.
Normgerigte assessering (Vergelyk punte). Kriteriumgerigte assessering.
Assessering staan los van die leerproses. Assessering vorm deel van die leerproses.
Assessering deur onderwyser gedoen. Assessering deur onderwyser, leerder of maats gedoen.
Assesseringsresultate wys die leerder se vordering in terme van punte in vergelyking met die res van die klas. Assesseringsresultate lewer bewys van vaardigheid en kennis.

Praktiese implikasies vir assessering in die nuwe VOO (FET)

Verwys ook na die Q&A blad.

Terug na bo


#3 Leerderlêer

Die vereistes vir die leerderportefeulje word in die Nasionale Protokol vir Assessering voorgeskryf.

Die leerderportefeulje moet ‘n geleentheid wees waar enige van die stakeholders in die onderwys bewyse van die leerder se vordering, vaardighede en kennis moet kan vind.

Hierdie vereistes impliseer dat:

Wenke vir die praktyk soos getoets aan die Hoërskool Merensky in Tzaneen

Daar bestaan geen voorskrifte vir hoe die portefeulje ingedeel moet word nie, dus word wenke wat in die praktyk getoets is hier gedeel. Elke onderwyser moet die manier wat sy omstandighede en leerders die beste pas, uitwerk.

Tydsbestuur in die klaskamer met die vereistes vir assessering het baie belangrik geword. Die program vir formele assessering het onder andere ten doel om die onderwyser se werkslas te verminder sodat onderrigtyd nie aan “papierwerk” verlore gaan nie.

Terug na bo


#4 Die onderwyserportefeulje

Dokumentasie en die onderwyserportefeulje

Die onderwyserportefeulje is die rekord waarteen die kwaliteit van die assessering verseker word en waarteen die leerder se lêer geevalueer kan word. Hierdie portefeulje moet te alle tye op datum en beskikbaar wees.

As gevolg van die geintegreerde aard van onderrig en assessering is dit sinvol om meer as net die assesseringsdokumente in die lêer in te sluit. Die onderwyser portefeulje kan dus die weerspieëling van die vak en sy aanbieding deur ‘n onderwyser vertoon.

Die onderstaande lys stel die inhoud voor sowel as ‘n motivering vir elke insluiting.

Gebruik 'n kontrolelys om seker te maak die portefeulje is volledig.

Terug na bo